Vendas

Vendas

'n Venda-dorpie in Suider-Afrika
Totale bevolking: 0,7 miljoen[1][2] – 1,0 miljoen[3]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Taal: Venda
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Mashona

Die Vendas (VhaVenda) is 'n erkende inheemse bevolkingsgroep in Suider-Afrika.

Die Soutpansberge van die Limpopoprovinsie huisves die VhaVenda, wat afsonderlik van die Sotho- en Nguni-sprekende kulture is. Hul kultuur beskik oor fassinerende tradisies en gebruike wat deurtrek is van legendes en mistisisme. Die VhaVenda word met die gebied tussen die Soutpansberg en die Limpoporivier vereenselwig. Hierdie Vendastreek spog ook met een van die mees gevarieerde natuurlike, geologiese, argeologiese en kulturele stelsels ter wêreld. Die woord Venda beteken land of wêreld.

  1. "South africa – Tsonga and Venda" (in Engels). Country Studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2016. Besoek op 9 Oktober 2008.
  2. "INDIGENOUS PEOPLES ARCHIVE – VHAVENDA" (in Engels). Intercontinental Cry. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2015. Besoek op 1 April 2015.
  3. "Vhavenda People" (in Engels). Pilot Guides. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2008. Besoek op 9 Oktober 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search